Sunday, November 29, 2009

Kusile Roete


Het gister met die fietse vanaf Kusile terug gery huis toe. Die eerste ding wat ek verkeerd gedoen het ,was om nie 'n kaart saam te vat nie. Ons het heeltemal verkeerd gery. Die donker het ons gevang omtrent so 20km van die huis af.


Ek het maar 'n bakkie laat kom om ons te haal. Dit help nie ons neuk aan in die donker en iemand val sy gat af nie. Volgende keer vat ek 'n koplamp saam.


Die lekkerste soetste water gekry by Daniel Nguni. Hy bly iewers langs die bad op 'n plaas stat.

Toe weer by Waaikraal winkel se stat. Die water het iets soos Javel in dit om dit seker te suiwer ,maar nie temin was dit lekker.


Die roete het baie opdraandes gehad. Ek voel fiks en was glad nie styf gewees vanoggend nie.


So ligte verkoue gehad wat vandag ontaard het in 'n erge verkoue.


Karoo .... eks reg vir jou.

1 comment:

  1. Yes! Hou so aan met die voorbereiding. Kry vir jou 'n Petzl Tikka Plus (of soortgelyke) koplamp (of twee) Monteer een voor op jou helmet. As jy in die donker gaan ry, sorg dat jy genoeg van daai geel "trailer tape" geplak het.
    Lekker oefen, of liewers soos Kent van http://kentsbike.blogspot.com/ se, "practice". Die oefening sal jy langs die spoorlyn kry.

    ReplyDelete