Sunday, November 29, 2009

Kusile Roete


Het gister met die fietse vanaf Kusile terug gery huis toe. Die eerste ding wat ek verkeerd gedoen het ,was om nie 'n kaart saam te vat nie. Ons het heeltemal verkeerd gery. Die donker het ons gevang omtrent so 20km van die huis af.


Ek het maar 'n bakkie laat kom om ons te haal. Dit help nie ons neuk aan in die donker en iemand val sy gat af nie. Volgende keer vat ek 'n koplamp saam.


Die lekkerste soetste water gekry by Daniel Nguni. Hy bly iewers langs die bad op 'n plaas stat.

Toe weer by Waaikraal winkel se stat. Die water het iets soos Javel in dit om dit seker te suiwer ,maar nie temin was dit lekker.


Die roete het baie opdraandes gehad. Ek voel fiks en was glad nie styf gewees vanoggend nie.


So ligte verkoue gehad wat vandag ontaard het in 'n erge verkoue.


Karoo .... eks reg vir jou.

Thursday, November 26, 2009

Die Voorbereiding



Elke dag moet nou goed uitgewerk word. Dis of in die gym of in die saal. Die naweek was beplan om in Thabazimbi te gaan oefen ,maar dis nou van die baan agv die werk.




So in die aand gaan klim ons maar op die fiets in die gym. Dit help darem as 'n troosprys. Ek moet sê ek voel goed en na gister se roete (Kyk google image)wat ons kon inkry is ek weer op ge'charge' vir die 1000km.




Ek het so Google image saam gestel en toe het Johan ook vir my van sy notas gestuur wat handig te pas gaan kom. (Kyk Google image)




My knie was vandag weer nie lekker nie. Ek bly nou van die tredmill af. Dit is amper kompleet asof die pyn in my knie rondskuif van dag tot dag. Die hardloop kuil my op , maar die fietsry blyk nie 'n probleem te wees nie.

Monday, November 23, 2009

Naweek in Mosambiek

Die naweek in Mosambiek het my glad nie goed gedoen nie.

Geen oefeninge vir die hele naweek en my knie is baie seer. Weer slegs as ek hardloop of trappe klim. Met die fietsry gaan dit eintlik goed en gedra hy hom.

Dit was 'n lekker week en eintlik het ek die breek nodig gehad.

Die werk laai net op. Die datum vir finale oorhandiging is nou die 11de Des.

Iewers sal ek tyd moet wen.

Thursday, November 19, 2009

Reën Reën Reën

Gister het Karel sy fiets gaan koop. Dis seker 'n stap in die regte rigting as jy 'n 1000km wil gaan ry.

Vandag het ons probeer myle in die bene kry maar is terug gedryf huis toe deur reën reën reën. Kassie het dit baie geniet. Hy het later sommer deur die waterpoele gehardloop.

Die reen het my ook bietjie bekommerd. Die werk op Kusile spoel elke aand weg ,net sodat ons in die oggend weer moet begin oordoen. Die 5de Desember kruip nader. Ek moet klaar kry.

Ry die naweek Mosambiek toe. Hoop om daar ook bietjie oefening in te kry.

Die gym begin werk. Ek voel fiks. Dis nou net die myle wat kort.

Tuesday, November 17, 2009

'n Brief vol inspirasie

Vandag het ek wakker geword met die idee van tenminste 100km 'n dag ry 10 dae lank. Dit gaan nie saak maak of ek wil ry nie ,of my gat seer is en of daar bulte voor my is nie. Dit moet gery word.

Dan gedurende die dag kry ek die brief van Johann Rissik af....en hier volg 'n uittreksel.

Herman, Ja, wat kan ek se? Die gewone man op straat kan enigiets doen wat hy wil (dieselfde geld natuurlik vir die gewone vrou op straat!)
Ek sal 'n lys maak van wat jy nodig het om met 'n fiets van Sishen na Saldanha te ry.1. Jouself
2. 'n Fiets en Die res is maar detail, en hier volg my opinie...

Die roete1000km + van die mees afgelee plekke in die land, as jy daarvan hou, dan is dit die roete vir jou. Dis so te se plat, jy ry op die dienspad langs die spoorlyn, so hier en daar is kort bulte, maar niks ernstig nie. Die wind van voor kan jou pap maak, maar die wind van agter is 'n groot plesier. Elke 50km (omtrent) is daar "Loops" (dele van dubbelle spoor waar die op en afgaande treine mekaar kan verbysteek) en by elke tweede "Loop" is daar gewoonlik mense en water. Die woord "loop" sal vir ewig in jou geheue bly na die trip!Jy kan die roete "Erf-Google", ek kan jou ook my punte stuur.

Die baaisiekel.
Verkieslik een met twee wiele, maar daar is seker knaope wat so 'n roete sal kan ry op 'n unicycle. OK, ernstig nou..... Verkieslik 'n bergfiets of 'n toerfiets, dukker en groter wiele vir die sinkpad.Ek het my 29r rigid singlespeed gebruik.Jy moet darem kan weet hoe om die basiese goed reg te maak (papwiele, ens)Vat spaar tubes saam en misken 'n spaar band (maar jy sal moet hard probeer om een klaar te ry in 1000km) Ek het met tubeless bande gery en nie 'n enkele papwiel gehad.Jy kan ook 'n sleepwa saamvat, maar dis teenstrydig met die hele idee van lig en vlugtig te travel. Ek bou die goed, en het oorweeg om dalk een op die trip te vat as ons 'n paar mense saam is, dan vat ons beurte om die blerrie ding te sleep.

Jy
Jy moet die regte gesindheid he, dit sal die trip maak of breek. Om op te som? Moet nie teen die roete of die wind of die teespoed baklei nie, dis 'n mors van energie. Gebruik jou energie vir die positiewe goed. Daar is so nou en dan voertuie (boere en spoorwee) op die pad, jy sal eintlik vir hulle moet oppas want hulle verwag nie om 'n fietsryer op die pad te kry nie, en hulle ry asof die duiwel agter hulle aanjaag.Hoe fikser, hoe beter. As jy in die begin glad nie fiks is nie , sal jy by die einde fiks wees. Ek beplan om dit volgende jaar weer te doen om my lui gat wakker te skrik. Op die trip is omdraai en slaap nie 'n opsie nie. Jy kan ook nie die ryery afstel nie, deur te se "ek sal maar more ry". As die son opkom, dan ry jy. Finish en klaar.'

In 'n ander brief sê hy ook : 'Moenie toelaat dat mense jou van jou drome afpraat nie.'

Hoe waar is dit nie...

So hier gaan ek nou met nuwe vaart en nuwe krag.

Gister 'n kampstofie gekoop op ebay. Het laasjaar op die Namakwa toer een gesien wat Susan Holtshauzen gebruik het. Die stofie werk met Petrol, diesel en enige vloeibare brandstof. Voorwaar 'n oulike en handige ding .
Ek het vandag in die gym weer pyn gekry in my regter kuit. Die pyn loop nou al laer af so na nog so paar oefen sessies is dit by die voet uit.

By die werk het ons vandag bietjie raas gekry omdat ons agter is ,die datum nou is die 5 Desember vir die meeste handovers vir die jaar. Ek sal dit najaag want vir myself en die lang roete is dit eintlik nie so sleg nie.

Monday, November 16, 2009

Die Beplanning volg.




So vandag het ek die verblyf vir die eerste aand in Kathu gereel.

Ons sal die eerste aand oorslaap in Gamagara Lodge iewers in Kathu. Die Bus sal 5h30 vertek vanaf Pretoria stasie en net na drie in Kathu stop op die 10de Desember.

Sover ek vir mense vertel lag almal en se vir my ek is mal om so iets aan te pak.

Ek self is bietjie bekommerd oor my regter kniee wat half seer was die hele dag. Vandag se gym is ook op sy geskuif om die outjie rus te gee.

Ek besef die trip gaan nie maklik wees nie ,maar die teleurstelling om dit nie te doen nie sal groter wees.

Ek sal vanaand aan Johann Rissik 'n epos stuur om meer te hoor oor die avontuur wat voorlê.

Sunday, November 15, 2009

Sishen Saldanha

Hier begin die plan dan nou.

Tot gister het ek nog beplan aan die roete vanaf Upington na Paternoster. Toe het ek die Blog van Johann Rissik raak gelees en besluit om die treinspoor roete te volg.

Ek onthou hoe my oom , Dirk Mollet , jare terug vir my vertel het hoe hulle die spoorlyn gebou het en hoe hy vertel het dat hulle een keer 'n week die lyn gaan inspekteur het . Elke meter tot in Saldanha.

My liefde vir die wereld is ook deel van die beplanning. Die mense se vriendelikheid wat ek ondervind het met my Namakwa toer in September 2008 , laat my gerus dat daar hulp sal wees uit verskeie oorde , sou ons dit nog kry.

Die tyd is min en beplanning is baie. Hierdie is nie net nog 'n Trippie Botswana toe vir tien dae nie.

Hierdie is 'n Trip van 10 dae se harde werk.