Thursday, December 10, 2009

Op Sishen

Ons is nou op Sishen. Die trip het offisieel begin. Die fietse se wiele sing oor die Kalahari se sand...

Wednesday, December 9, 2009

Die aand voor die vertrek

Vanaand 'n lang gesprek met Michael gehad. Sommer oor die hele trip en die goed wat dalk mkan skeefloop. So ons sal nou more sien Hoe lyk Sishen en die dinge daar.

Vang die bus more oggend 5h30 in Pretoria.

Hoop alles loop goed. Die verkoue het weer kop uit gesteek maar darem is alles by die werk 90% opgelos.

Dit was 'n helse week.

Tuesday, December 8, 2009

Nou raak dit realiteit

Ek het vandag besef dat die realiteit baie grotter is as wat ek dink. Toe ek by Finish Line cycles ingestap het om my fiets op te tel ,het ek besef dat die trip een moerse trip gaan wees. Daar was ,en is nogsteeds geen beter woord om dit te beskryf nie. Dit gaan die avontuur van 'n leeftyd wees.

Nuwe plekke en nuwe mense.

Clint en Arther by Finish Line is stunning ouens wat regtig intense belangstelling toon in die hele trip se beplanning. Elke keer as ek daar instap glimlag die ouens van oor tot oor en wil net weet wat is nuut en hoe gaan die reelings.

Het vandag ook my stoffie gekry uit Hong Kong uit asook die fiets sakke wat ek by Adolph gekoop het.

Ek voel ook baie beter vandag ,maar is nie 100 % nie.

Alles lyk goed.

Clint het vandag gesĂȘ "Don't come back as a DNF. "

Ek moes eers kaan sit en dink het oor die afkorting .

'DID NOT FINISH'

Vyf dae oor

7 Desember 2009

Die dinge by die werk lyk al hoe erger. Almal wil nou klaar kry. Ons werk tot 2h00 die oggend om die nodige Gabions in te kry om die Wetlands aan die ooste kant te beskerm.

Die verkoue bly in die kop. Dis nou al meer as 'n week wat ek nie kan oefen nie.

Dr Chris Kruger het my gister aan geraai om die trip te heroorweeg. Tipies van my ,gaan ek sy bekommernisse ter harte neem. Ons sal in die vroee oggend ure moet ry of laat middae. Dalk selfs in die aand.