Tuesday, December 8, 2009

Nou raak dit realiteit

Ek het vandag besef dat die realiteit baie grotter is as wat ek dink. Toe ek by Finish Line cycles ingestap het om my fiets op te tel ,het ek besef dat die trip een moerse trip gaan wees. Daar was ,en is nogsteeds geen beter woord om dit te beskryf nie. Dit gaan die avontuur van 'n leeftyd wees.

Nuwe plekke en nuwe mense.

Clint en Arther by Finish Line is stunning ouens wat regtig intense belangstelling toon in die hele trip se beplanning. Elke keer as ek daar instap glimlag die ouens van oor tot oor en wil net weet wat is nuut en hoe gaan die reelings.

Het vandag ook my stoffie gekry uit Hong Kong uit asook die fiets sakke wat ek by Adolph gekoop het.

Ek voel ook baie beter vandag ,maar is nie 100 % nie.

Alles lyk goed.

Clint het vandag gesĂȘ "Don't come back as a DNF. "

Ek moes eers kaan sit en dink het oor die afkorting .

'DID NOT FINISH'

1 comment:

  1. DNF is for people who allow others to set standards for them. It' a kind of "lowest common denominator" thing and has no relevance on a ride of this nature.
    Plan your ride, ride your plan. Do your best. If, for any reason, you do not ride the full distance, you will come home satisfied. You are doing this ride for yourself. I'm watching!

    ReplyDelete