Tuesday, November 17, 2009

'n Brief vol inspirasie

Vandag het ek wakker geword met die idee van tenminste 100km 'n dag ry 10 dae lank. Dit gaan nie saak maak of ek wil ry nie ,of my gat seer is en of daar bulte voor my is nie. Dit moet gery word.

Dan gedurende die dag kry ek die brief van Johann Rissik af....en hier volg 'n uittreksel.

Herman, Ja, wat kan ek se? Die gewone man op straat kan enigiets doen wat hy wil (dieselfde geld natuurlik vir die gewone vrou op straat!)
Ek sal 'n lys maak van wat jy nodig het om met 'n fiets van Sishen na Saldanha te ry.1. Jouself
2. 'n Fiets en Die res is maar detail, en hier volg my opinie...

Die roete1000km + van die mees afgelee plekke in die land, as jy daarvan hou, dan is dit die roete vir jou. Dis so te se plat, jy ry op die dienspad langs die spoorlyn, so hier en daar is kort bulte, maar niks ernstig nie. Die wind van voor kan jou pap maak, maar die wind van agter is 'n groot plesier. Elke 50km (omtrent) is daar "Loops" (dele van dubbelle spoor waar die op en afgaande treine mekaar kan verbysteek) en by elke tweede "Loop" is daar gewoonlik mense en water. Die woord "loop" sal vir ewig in jou geheue bly na die trip!Jy kan die roete "Erf-Google", ek kan jou ook my punte stuur.

Die baaisiekel.
Verkieslik een met twee wiele, maar daar is seker knaope wat so 'n roete sal kan ry op 'n unicycle. OK, ernstig nou..... Verkieslik 'n bergfiets of 'n toerfiets, dukker en groter wiele vir die sinkpad.Ek het my 29r rigid singlespeed gebruik.Jy moet darem kan weet hoe om die basiese goed reg te maak (papwiele, ens)Vat spaar tubes saam en misken 'n spaar band (maar jy sal moet hard probeer om een klaar te ry in 1000km) Ek het met tubeless bande gery en nie 'n enkele papwiel gehad.Jy kan ook 'n sleepwa saamvat, maar dis teenstrydig met die hele idee van lig en vlugtig te travel. Ek bou die goed, en het oorweeg om dalk een op die trip te vat as ons 'n paar mense saam is, dan vat ons beurte om die blerrie ding te sleep.

Jy
Jy moet die regte gesindheid he, dit sal die trip maak of breek. Om op te som? Moet nie teen die roete of die wind of die teespoed baklei nie, dis 'n mors van energie. Gebruik jou energie vir die positiewe goed. Daar is so nou en dan voertuie (boere en spoorwee) op die pad, jy sal eintlik vir hulle moet oppas want hulle verwag nie om 'n fietsryer op die pad te kry nie, en hulle ry asof die duiwel agter hulle aanjaag.Hoe fikser, hoe beter. As jy in die begin glad nie fiks is nie , sal jy by die einde fiks wees. Ek beplan om dit volgende jaar weer te doen om my lui gat wakker te skrik. Op die trip is omdraai en slaap nie 'n opsie nie. Jy kan ook nie die ryery afstel nie, deur te se "ek sal maar more ry". As die son opkom, dan ry jy. Finish en klaar.'

In 'n ander brief sê hy ook : 'Moenie toelaat dat mense jou van jou drome afpraat nie.'

Hoe waar is dit nie...

So hier gaan ek nou met nuwe vaart en nuwe krag.

Gister 'n kampstofie gekoop op ebay. Het laasjaar op die Namakwa toer een gesien wat Susan Holtshauzen gebruik het. Die stofie werk met Petrol, diesel en enige vloeibare brandstof. Voorwaar 'n oulike en handige ding .
Ek het vandag in die gym weer pyn gekry in my regter kuit. Die pyn loop nou al laer af so na nog so paar oefen sessies is dit by die voet uit.

By die werk het ons vandag bietjie raas gekry omdat ons agter is ,die datum nou is die 5 Desember vir die meeste handovers vir die jaar. Ek sal dit najaag want vir myself en die lang roete is dit eintlik nie so sleg nie.

No comments:

Post a Comment