Monday, November 16, 2009

Die Beplanning volg.




So vandag het ek die verblyf vir die eerste aand in Kathu gereel.

Ons sal die eerste aand oorslaap in Gamagara Lodge iewers in Kathu. Die Bus sal 5h30 vertek vanaf Pretoria stasie en net na drie in Kathu stop op die 10de Desember.

Sover ek vir mense vertel lag almal en se vir my ek is mal om so iets aan te pak.

Ek self is bietjie bekommerd oor my regter kniee wat half seer was die hele dag. Vandag se gym is ook op sy geskuif om die outjie rus te gee.

Ek besef die trip gaan nie maklik wees nie ,maar die teleurstelling om dit nie te doen nie sal groter wees.

Ek sal vanaand aan Johann Rissik 'n epos stuur om meer te hoor oor die avontuur wat voorlê.

1 comment:

  1. Hey hey, jy's amper op pad!
    Jy praat van pyn, vat dit kalm met die oefening, dis nie 'n wedren nie. Laat iemand wat ken, wat rerig ken, jou setup op die fiets vir jou check. Dit gaan baie energie spaar en dalk ook knie-pyn.
    Dis vir my baie opwindend dat iemand anders nou die roete ook gaan ry.

    ReplyDelete