Tuesday, December 8, 2009

Vyf dae oor

7 Desember 2009

Die dinge by die werk lyk al hoe erger. Almal wil nou klaar kry. Ons werk tot 2h00 die oggend om die nodige Gabions in te kry om die Wetlands aan die ooste kant te beskerm.

Die verkoue bly in die kop. Dis nou al meer as 'n week wat ek nie kan oefen nie.

Dr Chris Kruger het my gister aan geraai om die trip te heroorweeg. Tipies van my ,gaan ek sy bekommernisse ter harte neem. Ons sal in die vroee oggend ure moet ry of laat middae. Dalk selfs in die aand.

1 comment:

  1. Hoor wat se die Dr vir jou, maar maak jou eie besluite. Dis 'n trip, nie 'n race. Vat dit kalm totdat jy reg voel en gee jy dan vet. Ek het ook met 'n erge verkoue begin, maar na twee dae het die verdwyn. Onthou son-beskerming, maar sal meer in 'n email sit daaroor.

    ReplyDelete